Wednesday, November 5, 2008

woordeloos

Terwijl die waarheid klaarder skyn
sal die getye ons nerfkaal stroop,
afsigtelikheid kom reeds in sig.
Al wat ek vra
al wat ek hoop
is om, wanneer my brein te voos
word om met woordvernuf die pyn
en dorheid óm te dig,
dit te verdra
hoe ook al, woordeloos.

-Elisabeth Eybers, 1982-

No comments: