Die eerste rededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos: ek het honger...hou van jou...is moeg.
Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik: jy en ek...
'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer
hulle moeiteloos die diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos: daarenteen...ondanks...desnietemin...
-Elisabeth Eybers, 1962-
No comments:
Post a Comment